13 Aug.
Gister het ek weer saam die groepie van die Strand club wat Bulte op Maandae en Spoed op Donderdae oefen, gaan oefen.
Dis bietjie vestreerend, want ek voel presies NIE soos die skrywer in Runners World sê: running's like mouthwash - if it burns, it's working!
En almal maan my heeltyd aan om dit rustig te vat vir die eerste 2 weke om injury te voorkom omdat my liggaam nog nie gewoond is aan daai tiepe van oefeninge nie.
So, ek moet agter die agterste mense heeltyd oefen… :-(
En dan vra Max (wat die groepies lei, wat vir my natuurlik presies soos oom Awie lyk!!) heeltyd hoe ek voel - en ek sweet nie eens nie - so dit voel nie of ek enige oefeninge inkry nie…Maar wat, nog net volgende week - dan kan ek hulle wys waar Oupa die wortels begrawe het, ne!!!!!
So vra iemand gister aand met afwarming: hoe lank hardloop ek al. Waarop ek geantwoord het: my hele familie hardloop…so ja - ek's 'n aan/af holler direk na "kruip" stadium…Moes ma my ooit vang vir pakslae???
Anyway. My eintlike punt:
So loop ons karre toe na die tyd en ek praat so van my draf buddies en hoe ons draf in die oggende, tot Max my onderbreuk en hy was nogals heel verontwaardig toe hy vir my sê: da's 'n groot verskil tussen 'n drawwer en 'n atleet!!!
Volgens hom, draf drawwers net rond - doelloos met geen mikpunt of strategie nie.
Maar atlete, het beslis strategie aan hulle oefen sessies. En hulle mikpunt is om die beste te word wat hulle kan!
Wow! Sê ek toe.
So, nou's nie meer 'n drawwer nie, maar van Maandag af, het ek 'n ATLEET geword!!
:-)
Jippieee ons het 'n atleet!! Is dit toevallig dat al die goed na "getroud" gebeur??
ReplyDeleteSent from Willem's I-phone
Van Anton hulle af...
ReplyDeleteHallo Miringa
Nooit! Sowaar, ek is impressed. nou kan jy uitvind van watter stofasie jy afkom. Ek dink die goed (gene) kom so "padlangs" van 2 geslagte terug of meer. Wel, daar het jy dit, die sport wereld in sy geheel le voor jou. So van nou af geen verskonings nie. Soos my "Chrstmas killer coach" destyds gese het: Atletiek is nie 'n maklike sport nie maar 'n wetenskaplike sport! My biokinetikus se ook dat kragwerk/gym is goed/belangrik vir atletiek. Dis waar beserings uitgeskakel word en dit hou jou sterk. Ek is tans besig met 'n rehab vir 'n ligte onderlinge beserinkie opgedoen in Jan.
Goed gaan en sterkte.
Maringa,
ReplyDeleteDaai ou wat gesê het vat dit stadig is nou dalk nie so “wys soos ek nie “ J maar hy`t `n punt beet .
Daar`s ook Myburgh gene in daai baie beter Du Plooy gene in jou.
Die Myburgh gene smaak my is die deel waarvan ek kan getuig ,en dit is : My longe en krag is beter as my speire . So het ek baie moed en krag maar die speire pak op so hier teen die einde van `n goeie “race “ .
Ek was vanoggend toe om die Hong Kong lughawe met my kayak ( smaak my dis so 12 km ) in 3.5 ure .
Die laaste stukkie ken ek goed en so ook daai tyd .
Ek was teen 2 ure se roei ( 2 derde pad ) mooi oppad na `n 2 ure 50 minute se klaarmaak toe vang die gety se stroming my ( en die kayak begin effens lek en raak toe swaar ) en ek kom teen daai stroom terug ( dit het toe nie opgelyn met die weervoorspelling se tyd nie en vloed toe teen my , terwyl ek dit uitgewerk het vir `n saamvloei daai tyd van die oggend )
Lang storie kort : Ek was net te pê om dit mooi met krag klaar te maak ( krampe in albei voor-arms) alhoewel ek mooi geoefen het ( ook ge-“sip “ aan water en stadig aan piesang , na `n bakkie cereal voor ek weg is ) maar ek moet erken nooit 3 ure gedoen het voorheen nie .
Elk geval , ek verstaan die Du Plooys het ook hier en daar beserings opgedoen.
Anton weet dalk hoekom . Te vinning te gou ?Te veel te lank ?
Pa .
2010/8/15 Woudene Myburgh
ReplyDeleteJip maringa . Te vinnig te veel is nie goed. Is dan wanneer ‘n o bessrings opdoen & dan is dit altyd ‘n swakheid wat jy moet vertroetel.
Dus laat jou spiere maar geduldig aanpas by jou goeie DuPlooy longe Jacobson Bo beneJ
Di twat tyd vir die spier eom by te kom dus moet nie oorhaastig wees nie.
Jamien & Anton & Ansie kan getuig van te vinnig te veel; sit met een of ander besereing.
Werk ook aan jou “ core”
Strek, Strek ,strek, Strek, Strek & strek. Sommer alles.
Maar moet ook nie over stretch nie. So moral of story Balans balans & balnsJ
Lekker draf, age k bedoel hardloop.
Woudene Myburgh
Van oom Awie af:
ReplyDeleteJong ek raak sommer moeg om na julle almal te luister :)
ek gaan hopelike more (as jediah 'n lekker dag het) 'n aerobic klas gaan join om net weer die longe te begin werk. Dis nou nadat die een keer 'n week se hip hop klas vir 11jariges my uitput. Ai, ek beter vinnig terug in dinge kom na ma-wording...wil nie wag tot die kind(ers) eers oud genoeg is om saam te kom nie.
Ek moet net se, ek's weer een van daai wat dinge te stadig vat...oorversigtig ek dink na my 4jare lank kursus in sport-dinge :)
van die onfikse JacksonDuPLooyMyburghJones
Nou ja al julle mooi mense!
ReplyDeleteNou is dit my beurt J
Ek het ‘n seining: As jy die dag 40 word.....dan nê, kan jy nie meer doen wat jy altyd gedoen het nie, jy kan nie meer eet wat jy altyd geeet het nie, jy kan nie meer drink wat jy altyd gedrink het nie, jy kan nie meer DOEN wat jy altyd gedoen het nie……hiehie haha
Jy kan nie meer soos ons mal familie wat in die swembad summies maak en op mekaar spring en mekaar bespring en tekere gaan nie........
Ek verstaan nou hoekom ou mense so issue het as hulle ouer word.... J
Maar ek stem met almal, vat dit rustig, daar is absoluut niks wat mens jaag nie, dis nou anders as jy profesioneel deelneem maar dan het jy genoeg tyd om omtrent 3 keer per dag te oefen.
Onse kindertjies is nou op ‘n stadium….mense…dis besig hoor, so daar is skaars tyd vir oefen, dus:doen dit terwyl jy nog tyd het want dinge raak net erger.
Nog ‘n ding: HOU NET AAN.
PS – Ek weet nie meer wat ek is nie…….ek dink my naam is Jamien…dit weet ek
Lief julle almal!
Lekker draf, lekker werk, lekker oefen, lekker niks doen, lekker rus, lekker alles!
BMW (South Africa) (Pty) Ltd
Ms Jamien Fick
Hi Maringa.
ReplyDeleteDit is nie goed om bulte op n Maandag te doen nie. Doen dit eerder Donderdae en spoed op Maandae of Dinsdae.
Ek het so n oefenprogram gevolg wat dit in so volgorde het en dit en het geen pyne opgedoen nie alhoewel ek dit oordoen het.
Wanneer jy kompiterend hardloop konsentreer op iets voor jou nie op die grond nie, bv. n ander hardloper se rug so ongeveer 10-20 meter voor jou. (As die hardloper voor jou om draai gaan moenie jou nek verrek nie om om die hoek te kyk nie,grappie)
In een week is dit goed om net twee dae harde oefeninge te doen en die ander moet jy geniet.
Groete
Oom Abraham Jacobson Du Plooy (Awie)
----- Original Message -----
From: Ester Jones
To: Woudene Myburgh
Cc: Willem & Woudene Myburgh ; Maringa van Zyl ; Jamien ; pa hotmail ; Tanya ; Oom Awie ; Anton en Emmy ; Ansie
Sent: Monday, August 16, 2010 9:20 PM
Subject: Re: Ek's nie meer 'n drawwer nie!
Jong ek raak sommer moeg om na julle almal te luister :)
ek gaan hopelike more (as jediah 'n lekker dag het) 'n aerobic klas gaan join om net weer die longe te begin werk. Dis nou nadat die een keer 'n week se hip hop klas vir 11jariges my uitput. Ai, ek beter vinnig terug in dinge kom na ma-wording...wil nie wag tot die kind(ers) eers oud genoeg is om saam te kom nie.
Ek moet net se, ek's weer een van daai wat dinge te stadig vat...oorversigtig ek dink na my 4jare lank kursus in sport-dinge :)
van die onfikse JacksonDuPLooyMyburghJones
As julle so aangaan met advies gee, is Maringa in elk geval binnekort 'n pro. You go girl!
ReplyDeleteP.S. Jamien se advies is so waar.
Anton