Thursday, August 26, 2010

Take a deeeeeep breath....


Ek't eindelik by die Strand Atletiek Klub aangesluit, en gaan die naweek 'n half maraton in my "nuwe" club klere draf...Ish!
Ek moet eintlik 'n foto post sodat julle kan sien hoe ek gaan lyk - ek lag so effens vir myself, want ek't die hot pants ski pants gekoop, maar gelukkig is die bright yellow toppie lank genoeg om die royal blue sitvlak-area te cover!!
Maar wat gaan ek maak met die wit-wit-WIT! bene?!!
Hmmm..

Okay, so - ek's redelik nervous, want ek't laas jaar laas so ver aan een gedraf...Haal diep asem...dit gaan okay wees...
Ne?

Wel, ons sal maar sien.

Monday, August 16, 2010

Ek's nie meer 'n drawwer nie...

13 Aug.

Gister het ek weer saam die groepie van die Strand club wat Bulte op Maandae en Spoed op Donderdae oefen, gaan oefen.
Dis bietjie vestreerend, want ek voel presies NIE soos die skrywer in Runners World sê: running's like mouthwash - if it burns, it's working!
En almal maan my heeltyd aan om dit rustig te vat vir die eerste 2 weke om injury te voorkom omdat my liggaam nog nie gewoond is aan daai tiepe van oefeninge nie.
So, ek moet agter die agterste mense heeltyd oefen… :-(
En dan vra Max (wat die groepies lei, wat vir my natuurlik presies soos oom Awie lyk!!) heeltyd hoe ek voel - en ek sweet nie eens nie - so dit voel nie of ek enige oefeninge inkry nie…Maar wat, nog net volgende week - dan kan ek hulle wys waar Oupa die wortels begrawe het, ne!!!!!
So vra iemand gister aand met afwarming: hoe lank hardloop ek al. Waarop ek geantwoord het: my hele familie hardloop…so ja - ek's 'n aan/af holler direk na "kruip" stadium…Moes ma my ooit vang vir pakslae???
Anyway. My eintlike punt:
So loop ons karre toe na die tyd en ek praat so van my draf buddies en hoe ons draf in die oggende, tot Max my onderbreuk en hy was nogals heel verontwaardig toe hy vir my sê: da's 'n groot verskil tussen 'n drawwer en 'n atleet!!!
Volgens hom, draf drawwers net rond - doelloos met geen mikpunt of strategie nie.
Maar atlete, het beslis strategie aan hulle oefen sessies. En hulle mikpunt is om die beste te word wat hulle kan!
Wow! Sê ek toe.
So, nou's nie meer 'n drawwer nie, maar van Maandag af, het ek 'n ATLEET geword!!
:-)
Ek't die naweek (14 Aug.) my verste afstand NOG afgelê: 30km!!

Die eerste 20km was nog fine en ek't myself terug gehou, sodat ek krag oorhet vir daai laaste 10 wat ek nie geweet het, hoe die lyf gaan maak nie...

En ongelukkig het dit "yuckier" as te verwagte gegaan :-(
Die laaste 10km het begin met 'n afdraente (nie lank genoeg nie), en toe die bult weer op. Niks lekker.
Daar's toe 'n water-breuk, en my bene was gaar/jelly!!

Maar niks so erg soos daai laaste 5km nie!
Joe!
Hoe ek dit klaar gekry het, sal NIEMAND weet nie - ek's dankbaar en tog ook nie, aan daai 2 mensies wat my amper gesleep het tot by die einde. Ek was seer en als het gepyn!!
My voorkop, my tone, my boude en selfs my vingers!!!

Klaar gemaak en hinke-pink gestrek terwyl almal advies uitdeel...
In droeë, soute, stilte huis toe gery...hinke-pink na die opsigter gegaan en gevra vir die swembad sleutel...Met groot vrees in daai blou water ingespring!
My asem verloor! EN dadelik uitgeklim!
Maar toe besluit om dit weer te doen...ish! Die keer was dit erger, want ek't geweet wat kom...
Ingespring - probeer om my asemhaling te kalmeer en maar tot 10 toe getel...Toe pyn die vel van daai ysige water!
Ek's weer so vinnig ek kon daar uit!!

Hinke-pink huis toe.
By die deur vra die buurvrou: ah, is the water warm?
Waarop ek antwoord: no, it's very-very cold!

Myself teen die trappe van ons huisie opgesleep en die stort lekker warm oopgemaak.
Ek't myself in 'n "ander stasie" in geSTOOM!

En toe die lyf gaan neerlê in die bed...S-A-A-A-L-I-G!